Mzansi Makers Klassieke Musiekreeks 2017

 

Mzansi Makers is ’n nuwe nie-winsgewende organisasie wat aan die endersyds opwindende geleenthede bied in die ontwikkeling van kunstepreneuers, en andersins die platform vir alle kunsvorme wil vergroot. Dit is juis hierom dat, naas vele handvaardigheidsontwikkelingsprogramme wat reeds in plek is, ons met trots die eerste klassieke musiekreeks in Diemersfontein-wynlandgoed, Wellington, se sjarmante en intieme herehuis aanbied. Alhoewel Mzansi Makers daarop gemik is om projekte op ’n nasionale vlak van stapel te stuur, wil ons met hierdie kmusiekreeks bydra tot die bevordering van klassieke musiek op die platteland en spesifiek dan in een van die mooiste Bolandse dorpe.  Die fokus, soos met alle ander Mzansi Makers-projekte, is op uitnemendheid.  Hierdie konsertreeks, wat deur die ondersteuning van die Rupert Musiekstigting moontlik gemaak is, bestaan uit die volgende uitvoering: 

 

1 Oktober

Johannes Slabbert, wenner van die ATKV Muziqanto-kompetisie in 2014, tree op saam met Raimondo van Staden en die pianis, Philippus Hugo. Werke van onder meer Verdi, Lehár, Strauss, Mozart, Bizet, Lemmer en Rogers sal gehoor word. 

 

29 Oktober:

Avanti, bestaande uit Sally Minter op dwarsfluit en Coila Enderstein op klavier, wat reeds bekroon is vir hulle uitvoerings in van Kaapstad se gunsteling teaters, se program sluit onder andere in ’n Rabboni-sonata, geïnspireer deur die Italiaanse opera melodië.  Maak reg vir gunstelinge soos Carmen Fantasie deur Borne, musiek uit Thais, Entracte van Carmen en Fantasie deur Taffanel uit Der Freischutz. 

 

26 November:

Niël Rademan, bekend as sanger en regisseur van teater- sowel as klassieke musiek, en wat reeds afsonderlik genomineer is vir ‘n TEMPO en GHOEMA-toekenning, tree op saam met Jacobi de Villiers (mezzo-sopraan) en Kurt Haupt (pianis).

 

10 Desember: 

Kersstemme…’n program in die stemming van Kersfees met Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Férrol-Jon Davids (Klarinet) en Philippus Hugo (klavier).

 

Alle vertonings begin om 18:00.   

Diemersfontein wyn is te koop voor elke vertoning en word bedien op die stoep van die herehuis.

Kaartjiepryse:  R50 per persoon

Besprekings by:  accounts@mzansimakers.co.za / 073 435 1022